2020 Fishing Boogie – Windhoek 34

27 February 2020

17 Februarie 2020, die tyd het aangebreek om aantemeld vir diensplig in NAM. Ons (Abri en Sarel) score ‘n lift met die goedkoopste Uber ooit. Soos 2 rekkies skiet ons direk na die local pub op OR Thambo. Word nie toegelaat om te LOUNGE saam die groot koppe nie. Op met die kite, daar is 13 tafelaars op hierdie vlug, af in Windhoek. Ons knegte staan gereed met 3 groot 4x4 en ‘n baba Polo om almal te Vervoer na Phillip (Convenor) se huis.

Hier tref die eerste unfriendly ons, maar soldaat Ras is gereed en gooi bier op die vloer om te keer dat nog mense kan inkom en steek toe sommer die muur dood met ‘n mop. Homehosting hou ons uit die barake uit en Ian Naar,Pienaar en Kotse gee ons darm ‘n lê plekkie. Marius gooi ‘n kat op die kole om ons gerus te stel dat mamma nog nie van ons vergeet het nie.

17 Februarie klim ons die Cool-Lee Cruizer met ‘n Venter voor en agter. Genoeg olie in die agterste Venter om al die manne te lube. Daar word nie verby ‘n biltong shop gery nie en die Pie shop maak omset vir ‘n jaar uit ons.

80km voor Swakop klim the agterste Venter se wiele af (sien foto onder) en word agter gelaat in true Jeremy Clarkson style. Die 3 4x4 bakkies loop klaar sonder ys en roep versterkings in. Die wiele draai weg van Swakop en word Henties toe gelei, waar 30 sakke ys op die agterste Venter vasgemaak word. Sy wiel is mos nou weer aangetrek. Ons ry toe nog 72 myl verby Henties en kom af op ‘n plek sonder naam……ons doop hom myl 72.

Hier moet elke troep sy eie katel opslaan en dan word die First Timers gestuur vir hare kam.

Aand een is donker en die troepe raak bang. Ons brand 12 van ons 20 sakke hout klaar.

18 Februarie kry die troepe bietjie afleiding van ‘n kulkunstenaar..Kabeljou hier kabeljou daar en siedaar, Steenbras, kolstert, goudvis en nog ‘n paar goedjies verskyn aan die einde van ‘n lang stok.

Daar word verwoed gespyker teen ‘n houtblok….mamma is mos nou al lank alleen.

Die week vlieg verby en ons moet anstaltes maak huis toe. Kuier by Steven Marnewick (41er by PTA 201) en geniet ‘n paar bruismelkies by finfoot guesthouse. Werk gou ‘n AGM in net om gewoond te raak aan die stadslewe wat vir ons wag. Die bos skyn nog so plek, plek deur op ons en die Chairman raak moeilik.

Walvis lughawe het vergeet om daylight saving aan te skuif en ons vlug is 6 ure uitgeeskuif maar ons haal darm OR Thambo waar dieselfde Uber driver ons heel toevallig weer oplaai.

Hoop om gou weer ‘n drafting brief te kry vir diens op NAM grens.

Groete Frier Tuck en BA Baracus

Abri Venter

Events

Most Recent Post